Woord vir Vandag - 17 Feb 2025

Loading player...
“…Wat God saamgevoeg het, mag ‘n mens nie uitmekaar skeur nie.” Matteus 19:6 NLV
God kan julle bymekaar hou
Dit mag dalk ‘n verrassing vir jou wees, maar die hoofdoelwit van die huwelik is nie om kinders te kry nie. Paartjies wat nie kinders kan kry nie, is net so getroud as paartjies wat wel kan kinders kry. Jesus het gesê: ‘…Daarom sal ‘n man sy pa en ma agterlaat en hom by sy vrou voeg. So sal hulle tot een liggaam verenig word…’ (vers 5 NLV). Wanneer God na ‘n ouer en kind kyk, sien Hy twee. Wanneer God na ‘n broer en suster kyk, sien Hy twee. Wanneer God egter na ‘n man en vrou kyk, sien Hy een. Voel jy ooit of jy by die persoon met wie jy getrou het vasgevang is? Wel, jy is! Om te trou en een liggaam te word is nie wat twee mense vir mekaar doen nie, maar wat God vir hulle doen. Die huwelik is nie ‘n verhouding wat deur die samelewing, of die wet, of seks of selfs liefde bymekaar gevoeg word nie. Die huwelik is wat God bymekaar voeg. Die goeie nuus is dat wanneer God julle bymekaar voeg, kan Hy julle bymekaar hou. Deesdae is die algemeenste rede om te skei ‘onversoenbare verskille.’ Jesus het egter na die hart van die kwessie toe gegaan – die kwessie van die hart. ‘…Moses het egskeiding toegelaat as ‘n toegewing aan die sondige hardheid van hulle harte, maar dit was nie wat God oorspronklik bedoel het nie’ (vers 8 NLV). God kan julle harte teenoor mekaar versag en Hy kan julle harte teenoor mekaar oopmaak. Jy sê: ‘Maar ek het al alles probeer en niks werk nie.’ Probeer God! Hy kan jou eggenoot se hart verander en vir julle ‘n nuwe toekoms saam gee.
16 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min