Woord vir Vandag - 16 Feb 2025

Loading player...
“Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.” Galasiërs 3:6 AFR53
Geloof is gelyk aan geregtigheid met God
Ons dink dat Abraham ‘n stralekrans gehad het. Nie so nie. Nie een keer nie, maar twee keer gooi hy sy vrou onder die bus. Soos hulle deur Egipte gereis het, het Abram vir Sarai gesê: ‘Jy is ‘n baie mooi vrou; ek is bang die Egiptenare gaan my doodmaak sodat een van hulle jou as vrou kan vat, so kom ons sê vir hulle jy is my suster’ (sien Genesis 12:11-13). As jy dink dat dit erg is, doen Abraham dieselfde roetine ‘n tweede keer terwyl hy en Sara in die streek van Negev woon (sien Genesis 20). Hoekom gooi God nie tou op met Abraham nie? Want Abraham gooi nie tou op met God nie! Abraham het uiteindelik ‘n plek in sy pad met God bereik waar sy résumé lees: ‘Teen alle verwagtinge in het Abraham geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word op grond van God se belofte: ‘Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel.’ En Abraham se geloof het nie verswak nie, al het hy baie goed besef dat sy eie liggaamlike vermoëns reeds heeltemal gedaan was – hy was al omtrent 100 jaar oud – en dat sy vrou Sara nie meer kinders kon hê nie. Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het. Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het!’ (Romeine 4:18-22 NLV). Let die woorde: ‘sy geloof het sterker geword,’ op. God se plan is nie om jou weg te gooi nie, maar om jou geloof te ontwikkel en jou te gebruik om heerlikheid aan sy Naam te bring.
15 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min