Woord vir Vandag - 15 Feb 2025

Loading player...
“Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer …” Kolossense 3:15 ABA
‘n Rustige gemoedstoestand
God wil hê dat jy ‘n rustige gemoedstoestand moet hê. Sy Woord sê: ‘Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer. God het julle gekies om een te wees, die een liggaam van Christus, sy kerk. Daarom moet julle in vrede met mekaar lewe. Julle moet ook dankbaar wees’ (vers 15 ABA). Geen posisie of besitting is dit werd as jy nie vrede het nie; geld, status, populariteit – dis alles sinloos as jy vrede kort. Jy kan eenvoudig nie ‘n prys op die waarde van vrede plaas nie. Baie van ons bestee ons lewens om die suksesleer te probeer uitklim, maar elke keer wat ons hoër beweeg, verloor ons meer van ons vrede en vreugde, om nie eers van tyd saam met ons familie te praat nie. Ons lewens word deur die druk en stres om vas te klou aan dit wat ons bereik het, verteer. Ons is egter nooit waarlik suksesvol as ons nie vrede het nie. Sommige van ons doen verskeie werke om dit wat die wêreld voor ons swaai en sê: ‘Jy moet hierdie hê om waarlik gelukkig te wees,’ te verkry. Ons kry daardie dinge, maar ons het steeds nie enige vrede nie. Romeine 14:17 sê vir ons: ‘As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daaroor dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk’ (NLV). God wil hê dat jou behoeftes oorvloedig vervul moet word en dat jy in ‘n posisie moet wees om ander mense te seën. Moet egter nie iets probeer bekom as jy dit nie vreedsaam kan hê nie.
14 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min