Woord vir Vandag - 14 Feb 2025

Loading player...
“…omdat dit nie my wil is wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.” Johannes 5:30 NLV
Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid (3)
Die derde bousteen wat Jesus se verhouding met sy Vader definieer is gehoorsaamheid. Wanneer jy weet dat jy van God gehoor het, het jy die selfvertroue om enigiets wat die lewe na jou kant toe gooi te hanteer, en om enige opdrag wat Hy vir jou gee, aan te pak. Christus se eerste wonderwerk was om water in wyn by ‘n bruilof in Kana te verander. Daar sal jy ‘n stelling vind wat noodsaaklik is om God se wonderbaarlike krag in jou lewe te ervaar: ‘…Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle noukeurig doen’ (Johannes 2:5 NLV). Dit beteken dat jy gewillig moet wees om God te gehoorsaam wanneer Hy vir jou sê om iets te doen wat nie rasioneel lyk nie, wanneer dit nie populêr is nie, wanneer dit ongerieflik is, wanneer dit jou duur te staan kom en wanneer dit van jou verwag om ‘n onbekende paadjie te loop. Jy sal slegs hierdie vlak van gehoorsaamheid bereik wanneer jy jouself aan ‘n lewe van intimiteit met God en afhanklikheid van God, toegewy het. Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid word nie gekweek wanneer jy probeer om God meer lief te hê nie, maar wanneer jy ‘n openbaring van God se wonderlike, onverdiende, onfeilbare liefde vir jou het: ‘Op hierdie manier het God sy ware liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang. Dít is ware liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem’ (1 Johannes 4:9-10 NLV). Bid dus vir ‘n openbaring van God se groot liefde vir jou.
13 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min