Woord vir Vandag - 13 Feb 2025

Loading player...
“…die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen…” Johannes 5:19 NLV
Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid (2)
Die tweede bousteen wat Jesus se verhouding met sy Vader definieer is die volgende: afhanklikheid. Corrie ten Boom het altyd gesê: ‘Ek is net die handskoen, Jesus is die hand wat dit vul en daardeur werk.’ Dis ‘n beeld van Christus se verhouding met sy hemelse Vader en ‘n bloudruk van die tipe verhouding wat jy met God kan hê. Jy sal twee baie belangrike dinge in die Bybel oor Jesus opmerk: 1) Hy het nooit ‘n vrees vir mislukking gehad, soos ons so dikwels het nie. Hoekom nie? Omdat Hy gereeld gebid en leiding by sy Vader gekry het. Hy het nooit getwyfel nie, omdat Hy geweet het dat Hy volgens die Vader se Woord en volgens sy wil optree. Totdat jy van God gehoor het, is jy ‘n vraagteken. Wanneer jy egter van God gehoor het, is jy ‘n uitroepteken. 2) Jesus het geweet dat Hy nie enigiets van belang sonder sy Vader se leiding en krag kon bereik nie, dus het Hy nooit probeer om dit te doen nie. Ons sê egter dat ons God vertrou, maar tree dan op asof alles net van onsself afhang. Die resultaat? Ons val plat op ons gesigte en hou aan wonder hoekom dit gebeur. Elke aksie van God in jou lewe is bedoel om jou afhanklikheid aan Hom te laat toeneem, nie te laat afneem nie. Iemand het een keer gesê: ‘Jy sal nooit weet dat Christus al is wat jy nodig het, totdat Christus al is wat jy oor het nie.’ Om jou by ‘n plek van totale afhanklikheid aan Hom te bring, sal God toelaat dat jou ego vermorsel en jou selfgenoegsaamheid weggestroop word. Op daardie punt maak jy ‘n lewensveranderende ontdekking: Wanneer jy niks anders behalwe God oor het nie – God is genoeg!
12 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min