Woord vir Vandag - 12 Feb 2025

Loading player...
“Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…” Johannes 5:20 NLV
Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid (1)
Hierdie drie dinge definieer die verhouding wat Jesus met sy Vader gehad het en is die bloudruk vir die tipe verhouding wat jy met God moet bou: intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid. Kom ons kyk eerste na intimiteit. Jesus het gesê: ‘Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ Jy openbaar slegs jouself, insluitend jou mees innerlike gedagtes en geheime, aan iemand met wie jy intimiteit deel. Wanneer jy intiem met God word, sal Hy dinge met jou deel wat ander mense nie weet nie. Dawid se grootste passie was om God intiem te ken. In Psalm 25:4 skryf hy: ‘Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie’ (NLV). Dan volg hy dit op deur te sê: ‘Die Here se voorneme is duidelik vir dié wat Hom dien. Aan hulle maak Hy sy Verbond bekend’ (vers 14 NLV). Om ‘n intieme verhouding met God te hê, verg drie dinge: a) Begeerte. Die waarheid is dat jy tans so naby aan God is as wat jy begeer om te wees; anders sal jy jou prioriteite herrangskik om dit te laat gebeur. b) Dissipline. Dit beteken dat jy elke dag alleen tyd saam met God in gebed en Bybelstudie moet bestee. Wanneer jy bid, praat jy met God. Wanneer jy die Bybel lees, praat God met jou. c) Verblyding. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Iets wonderliks gebeur wanneer jy jouself in die Here verbly. Sy begeertes word jou hartsbegeertes, dus kan Hy jou daarmee vertrou. Wil jy ‘n meer intieme verhouding met die Here hê? As jy gewillig is om dit na te streef, kan jy dit hê.
11 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min