Woord vir Vandag - 9 Feb 2025

Loading player...
“Ek het hulle geantwoord: ‘Ons sal met die hulp van die God van die hemel suksesvol wees. Ons is sy diensknegte, ons sal die mure begin herstel…’” Nehemia 2:20 NLV
Voel jy ongekwalifiseerd?
Met sy afgebreekte mure was Jerusalem weerloos teen sy vyande. Dus het Nehemia ‘n span bymekaargemaak om die mure te herbou. Hy het geen opleiding vir hierdie werk gehad nie. Hy was nie ‘n argitek of ‘n bouer nie. Jerusalem was ver weg geleë en hy was nog nooit daar nie. Hoe jy ook al daarna kyk, hy was nie vir die werk gekwalifiseerd nie. Dis ‘n algemene eienskap van baie van die mense wat God op wonderbaarlike maniere gebruik het. Noag was ‘n boer wat geroep is om ‘n boot in die woestyn te bou. Dawid was ‘n skaapwagter wat geroep is om ‘n Filistynse reus te verslaan. Nehemia was ‘n skinker wat geroep is om Jerusalem se mure te herbou. Wanneer dit daarby kom om God se wil te doen, is Godgegewe passie heelwat belangriker as enige menslike vermoë wat ons kan bydra. God gebruik ons inderwaarheid op die punt van ons grootste onvermoë. Sodoende kry Hy al die krediet. Verstaan egter die volgende: Wanneer God vir jou ‘n ‘las,’ of ‘n ‘passie,’ of ‘n ‘visioen,’ gee, het jy ‘n keuse om te maak. Nehemia het reeds ‘n goeie werk gehad. Om die koning se skinker te wees was soos om sy regterhand te wees. Hy het nie net werksekuriteit nie, maar ook die voorregte en voordele van sy posisie geniet. Hy sou gemaklik gewees het om te bly waar hy is. As hy dit egter gedoen het, sou hy God se wil misgeloop het, daar sou nie ‘n boek in die Bybel na hom vernoem gewees het nie en jy sal nie nou oor hom gelees het nie. Voel jy ongekwalifiseerd? Wanneer God jou roep, rus Hy jou toe, voorsien jou van hulpbronne, lei jou en waarborg jou sukses.
8 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min