Woord vir Vandag - 8 Feb 2025

Loading player...
“Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.” Psalm 34:2 NLV
Verbeter hoe jy met jouself praat
Of jy dit nou weet of nie, jy het ‘n deurlopende gesprek met jouself. Hoe klink hierdie gesprek? Moedig jy jouself aan? Of veroordeel jy jouself? As jy positief is, dan versterk jy jou positiewe selfbeeld. As jy negatief is, verswak jy jou selfwaarde. As jy ernstig daaroor is om jou lewe te verbeter, moet jy die manier waarop jy oor jouself dink, verbeter. Om dit te doen, moet jy die manier wat jy met jouself praat, verander. Hoe ouer jy word, hoe meer verantwoordelik is jy vir die manier wat jy dink, praat en glo. Het jy nie reeds genoeg probleme nie? Hoekom jouself meer probleme gee deur jouself met negatiewe praatjies te ontmoedig? Verander in jou eie rasieleier. Elke keer wat jy goeie werk doen, komplimenteer jouself. Elke keer wat jy dissipline bo ‘n toegeeflikheid kies, waardeer dit dat jy jouself help. Elke keer wat jy ‘n fout maak, moenie alles opnoem wat fout is met jouself nie; sê vir jouself dat jy die prys vir groei betaal en dat jy volgende keer beter sal doen. Die psalmdigter het die belangrikheid van hoe hy met homself praat, besef: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.’ ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie’ (Psalm 103:2 NLV). ‘Ek sal vir die Here sê: ‘U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou’ (Psalm 91:2 NLV). Die woord vir jou vandag is: verbeter hoe jy met jouself praat.
7 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min