Woord vir Vandag - 7 Feb 2025

Loading player...
“Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.” Handelinge 2:42 NLV
Die belangrikheid van gemeenskap
Euclides was ‘n groot wiskundige wat ongeveer driehonderd jaar na Christus geleef het. Hy is die bekendste vir sy dertien-volume reeks boeke genaamd Elements. Twee van sy grondstellings van meetkunde het die moderne gesegde: ‘Die geheel is groter as die som van sy dele,’ geïnspireer. ‘n Ander manier om dit te sê sou wees: ‘Iets wat nie alleen sal gebeur nie, gebeur in ‘n groep.’ Daardie iets word ‘sinergie’ genoem. Dit kom van die Griekse woord sunergia, wat samewerking en saamwerk beteken. Die Nuwe Testamentiese kerk het dit uitgeoefen: ‘Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.’ Jesus het geestelike sinergie as volg beskryf: ‘Boonop verseker Ek julle: As twee van julle hier op aarde sou saamstem oor enigiets wat julle van God behoort te vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen. Waar twee of drie bymekaarkom omdat hulle my mense is, is Ek immers ook saam met hulle daar’ (Matteus 18:19-20 NLV). Die Heilige Gees openbaar nie alles aan almal nie. Ons leer en groei wanneer ons bymekaar kom. Geestelike volwassenheid vind op twee maniere plaas: 1) Deur gewillig te wees om dit wat God jou geleer het te deel. 2) Deur gewillig te wees om dit wat God ander geleer het, te leer. Let op wat die Bybel oor die Christene in Berea sê: ‘…hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword…’ (Handelinge 17:11-12 NLV). Is jy in gemeenskap met ander gelowiges? Indien nie, beperk jy jou eie geestelike groei en seën.
6 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min