Woord vir Vandag - 6 Feb 2025

Loading player...
“…hulle [moet] altyd aanhou bid sonder om moedeloos te word.” Lukas 18:1 NLV
Gebed (2)
‘n Doktorale student aan die Princeton Universiteit het eendag in Albert Einstein se kantoor ingeloop en gevra: ‘Wat is daar in die wêreld vir oorspronklike proefskrifnavorsing oor?’ Die briljante wetenskaplike het geantwoord: ‘Vind uit oor gebed.’ Einstein was nie die enigste persoon wat nuuskierig oor gebed was nie. Jesus het mense daarin onderrig, omdat die dissipels Hom gevra het om dit te doen. Hulle mag dalk nie proefskrifte daaroor wou skryf nie, maar hulle wou weet hoe om te bid. ‘Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê: ‘Here, leer ons om te bid…’’ (Lukas 11:1 NLV). Die dissipels het Jesus gesien waar Hy besig was om te bid. Die manier waarop Hy gebid het was blykbaar soveel anders as die manier wat hulle gebid het, dat hulle gesê het: ‘Wys ons om te bid soos U bid.’ Voor Jesus die skare op ‘n bonatuurlike wyse kos gegee het, of sy twaalf dissipels uitgekies het, of die storm op die see van Galilea gekalmeer het, het Hy die tyd geneem om eers te bid. Die resultate van sy gebede was so wonderbaarlik dat sy dissipels gesê het: ‘Here, leer ons om te bid.’ Gebed gaan nie hoofsaaklik daaroor om vir God te sê wat jy nodig het nie; dis om nader aan God te beweeg. Soos een pastoor skryf: ‘Dis amper asof God sê: ‘Moenie vir My jou inkopielys bring nie. Ek weet klaar wat daarop staan. Ons sal dit later hanteer. Bring vir My jou hart. Bring vir My jou liefde. Bring vir My jou onverdeelde aandag.’’ Gebed gaan nie hoofsaaklik daaroor om dinge van die Here te kry nie; dit gaan daaroor om tyd met God te bestee.
5 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min