Woord vir Vandag - 5 Feb 2025

Loading player...
“…Here, leer ons om te bid…” Lukas 11:1 NLV
Gebed (1)
‘n Bekende pastoor het met ongekende eerlikheid gesê: ‘Gebed is die grootste stryd waarmee ek sukkel. Dit is moeilik om 'n konsekwente gebedslewe te handhaaf en veral soms moeilik om die oortuiging te handhaaf dat dit werk.’ Gebed kom vir die meeste van ons nie natuurlik nie. Ons weet dat dit veronderstel is om ‘n dialoog te wees, maar dit voel meestal soos ‘n monoloog. Daar is niks ergers as om met iemand te probeer praat wat nie terug wil praat nie. Ons hou nie daarvan om dit te erken nie, maar wat ons dikwels oor gebed wonder is die volgende: ‘Hoe kan ek bid sodat God vir my dit wat ek wil hê sal gee?’ ‘n Klein seuntjie is gevra of hy elke aand sy gebed opsê. Hy het geantwoord: ‘Nee, party aande het ek niks nodig nie.’ Gebed gaan nie oor die spesifieke woorde wat jy gebruik of hoe lank jy bid nie. Dit gaan oor kennismaking. Dit gaan daaroor om ‘n verhouding te bou. As jy met iemand oor iets moet praat, mag jy dalk sê: ‘Kom ons kry gou ‘n plek waar ons kan gesels.’ Jy wil seker maak dat jy gehoor word en dat jy hoor wat die ander persoon sê. Wanneer jy die geraas van hierdie wêreld elimineer, verhoog jy jou vermoë om God te hoor. Dit wys God dat jy jou verhouding met Hom ernstig opneem. Die psalmdigter het gesê: ‘Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige’ (Psalm 91:1 NLV). Het jy ‘n ‘skuilplek’ waar jy alleen saam met God kan wees? Dit kan enige plek wees. Jy het egter ‘n plek nodig waar jy kan gaan en jou verhouding met God kan bou.
4 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min