Woord vir Vandag - 4 Feb 2025

Loading player...
“…Maar hulle het in die dorp Haran oorgebly en hulle daar gevestig.” Genesis 11:31 NLV
Jy kan kies: jou roeping of jou gemak
Die Bybel sê: ‘Tera het sy seun Abram… geneem en uit Ur van die Galdeërs vertrek om na die land Kanaän toe te gaan. Maar hulle het in die dorp Haran oorgebly en hulle daar gevestig’ (vers 31 NLV). ‘n Christelike skrywer merk op: ‘Tera het Abram vir ‘n deel van die reis na Kanaän vergesel, maar toe gestop. Tera en sy familie begin hul verhaal in Ur, die groot sentrum van rykdom en opvoeding en die land van afgode. Dan begin hulle reis, wat deur die stad Haran en dan af na Kanaän loop. Vir Tera, die vader van Abram, het die pad in Haran geëindig. Ons weet nou uit ander gedeeltes in die Bybel dat Haran ‘n stad baie soos Ur was. Daar was baie rykdom. Daar was afgode. Dit mag dalk wees dat Tera by homself gedink het: ‘As ek verder gaan, kan ek dalk alles wat ek het verloor. Ek sal my afgode vir seker moet opgee.’ Dus kies hy gemak. Abram kies egter om ja vir sy roeping te sê.’ Dis ‘n keuse wat jy ook sal moet maak. Jy sal dit ook meer as een keer moet maak. Soos jou omstandighede verander en die seisoene van jou lewe vorder, sal jy moet besluit of jy saam met God die onbekende gaan binnegaan en of jy met die sekuriteit van dit wat jy ken tevrede gaan wees. Tera was tevrede daarmee; Abram het aanbeweeg. Wat gaan jy doen? Jy hoef nie iets te doen om God se liefde en genade te verdien nie; dis gawes van God. Om egter in God se seën te lewe, moet jy jou roeping in plaas van jou gemak kies.
3 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min