Woord vir Vandag - 3 Feb 2025

Loading player...
“…Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf.…” Matteus 25:23 AFR83
Getrouheid
Jesus begin die gelykenis van die talente met die volgende woorde: ‘Verder is God se koningsheerskappy soos…’ (vers 14 NLV). Een van die kragtigste punte wat Hy maak is die belangrikheid daarvan om getrou te wees. Of God jou nou vyf talente, twee talente of een talent gegee het, dit wat vir Hom saakmaak is jou getrouheid. ‘Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’’ (vers 21 AFR83). Jy sal oplet dat Hy nie gesê het: ‘Mooi so, populêre slaaf,’ of ‘briljante slaaf,’ nie, maar ‘getroue slaaf.’ Christus praat oor diegene wat dikwels onopgemerk bly, maar onontbeerlik vir sy doeleindes is. Hy praat oor dié wat geen trompette blaas, geen baniere waai en geen applous eis nie. Hy praat oor dié wat dag na dag opdaag en die talente wat God aan hulle gegee het, gebruik om die werk te doen wat Hy aan hulle opgedra het. Onopgemerk deur mense, maar opgemerk en beloon deur God! ‘God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle mede-Christene gedien het en dit nog steeds doen nie’ (Hebreërs 6:10 NLV). Hierdie woorde beskryf diegene wat die kollig vermy en gelukkig is om in die skaduwees te dien. Dit beskryf dié wat nie net die wedloop begin nie, maar dag na dag hardloop en nie ophou totdat hulle die wenstreep oorgesteek het nie. Ander mag dink dat jy nie veel van ‘n verskil maak nie, maar God doen. Terwyl ander baie waarde aan vaardigheidsvlakke en suksesvlakke heg, meet God jou aan jou getrouheid.
2 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min