Woord vir Vandag - 2 Feb 2025

Loading player...
“…Ons bekwaamheid kom van God” 2 Korintiërs 3:5 NLV
Moenie trots ‘n houvas gee nie
Voor sy 1971 geveg teen Joe Frazier, het Muhammad Ali gesê: ‘There’s not a man alive who can whup me. [He jabbed at the air with his blinding left.] I’m too smart. [He tapped his head with his glove.] I’m too pretty. [He showed the cameras his profile, like a bust on a pedestal.] I am the greatest! I am the king! I should be a postage stamp—that’s the only way I’ll ever get licked!’ Raai wat het in daardie geveg gebeur? Tot die verbasing van almal, veral homself, het Ali die geveg teen Frazier verloor. Wanneer selfvertroue in jou eie vermoë en hulpbronne in trots ontaard, wat dan arrogansie word, stuur jy op moeilikheid af. Die Bybel sê: ‘Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val’ (Spreuke 16:18 NLV). Hoe behou mens dus balans? Deur te onthou dat elke gawe, vermoë, talent en hulpbron wat jy het, van God af kom. Selfvertroue is noodsaaklik vir sukses. Daar is niks daarmee verkeerd om die gawes wat God vir jou gegee het te erken nie. Die verskil tussen selfvertroue en vertroue in Christus word egter aan wie die krediet daarvoor ontvang, gesien. Dis moeilik om vol te veel selfvertroue te wees wanneer jy erken dat jy niks sonder God se genade en sy onverdiende guns teenoor jou is nie. Die Bybel sê: ‘…Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: ‘God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy onverdiende goedheid.’ Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak’ (1 Petrus 5:5-6 NLV).
1 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min