Woord vir Vandag - 1 Feb 2025

Loading player...
“Ek het al die dade gesien wat onder die son gedoen word en kyk, alles was sinloos…” Prediker 1:14 NLV
Soek jy na betekenis?
Dink jy dat as jy meer geld of groter sukses gehad het, sou jy gelukkig wees? Die tennisster Boris Becker, het gesê: ‘Ek het twee keer Wimbledon gewen, een keer as die jongste speler. Ek was ryk. Ek het al die materiële besittings gehad wat ek begeer het. Dis die ou storie van filmsterre en popsterre wat selfdood pleeg. Hulle het alles, maar tog is hulle so ongelukkig. Ek het geen innerlike vrede gehad nie.’ Salomo het dieselfde ontdekking gemaak: ‘Ek het al die dade gesien wat onder die son gedoen word en kyk, alles was sinloos, ‘n gejaag na wind!’ Salomo het godsdiens, onderwys, geld, publieke werke, roem, kreatiewe skryfwerk en sensuele plesier probeer: ‘Alles begeerlik in my oë het ek myself nie ontsê nie. Ek het my geen plesier ontsê nie. Ek het genot gevind in my harde werk… Ek het daarna nagedink oor alles wat ek bereik het, oor al die moeite wat ek gedoen het. En ek het besef hoe sinloos dit alles is…’ (Prediker 2:10-11 NLV). Uiteindelik, in die laaste hoofstuk van die boek Prediker, vind Salomo dit waarna hy soek: ‘…Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra’ (Prediker 12:13 NLV). Salomo het besef dat die lewe nie op besittings gebou word nie, maar op verhoudings. Die eerste en belangrikste verhouding wat jy moet hê, is ‘n verhouding met God. Jy vra: ‘Hoe vind ek God?’ Deur Christus! Jesus het gesê: ‘…Ek is die pad en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie’ (Johannes 14:6 NLV). Jy kan vandag ‘n lewensveranderende verhouding met God hê, deur jou vertroue in Jesus Christus te plaas.
31 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min