Woord vir Vandag - 31 Jan 2025

Loading player...
“Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is.” Spreuke 17:17 NLV
Vriendskap
Jonatan was die regmatige erfgenaam van die troon van sy vader, Saul, maar Dawid is deur God geroep om Saul as Israel se volgende koning op te volg. Op die ou einde kon net een van hulle koning word. Hoe het hulle dit hanteer? Was hulle kompeterend, of agterdogtig, of jaloers op mekaar? Nee. Die Bybel sê: ‘Jonatan en Dawid het toe ‘n plegtige ooreenkoms aangegaan… Jonatan het sy mantel uitgetrek en dit vir Dawid gegee. Hy het ook sy wapenrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel vir hom gegee’ (1 Samuel 18:3-4 NLV). Dit was Jonatan se kosbaarste besittings. Hy was gewillig om sy lewe vir Dawid te waag, ten spyte van sy pa Saul se waarskuwings dat Jonatan se troon nooit, solank as wat Dawid lewendig was, gevestig sou word nie (sien 1 Samuel 20:31). Net so het Dawid sy lewe in gevaar gestel deur teen die Filistyne te veg om Saul en Jonatan te help om hulle koninkryk te vestig. Die punt van die storie is: ‘n Ware vriend is daar vir jou, selfs wanneer hulle eerder êrens anders sou wou wees. Soos een bekende gesê het: ‘Baie mense wil saam met jou in die limousine rondry, maar wat jy nodig het is iemand wat saam met jou die bus sal neem wanneer die limousine breek.’ Salomo het gesê: ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is.’ Wanneer laas het jy God vir die ware vriende in jou lewe gedank? Wat is dit wat hulle so spesiaal maak? Moenie aanneem dat hulle weet hoe baie jy hulle waardeer nie. Sê dit vir hulle! Onthou ook: As jy ware vriende wil hê – moet jy self een word!
30 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min