Woord vir Vandag - 30 Jan 2025

Loading player...
“Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.” Spreuke 22:6 NLV)
Hou aan bid vir jou kinders
Die Verlore Seun het uiteindelik huis toe gekom en weer sy plek in die familie ingeneem. Toe hy alles verloor het en in ‘n varkhok opgeëindig het, sê die Bybel hy het: ‘…uiteindelik tot sy sinne [gekom]…’ (Lukas 15:17 NLV). Dis moeilik om toe te kyk hoe iemand wat jy liefhet ly, maar soms is dit nodig dat hulle die bodem tref sodat hulle kan omdraai. Die Verlore Seun se breekpunt het sy omdraaipunt geword: ‘Ek sal huis toe gaan na my pa toe en sê: Pa, ek het gesondig…’ (vers 18 NLV). Sy pa was ‘n goeie vader met ‘n rebelse kind. As dit jou beskryf, is hier raad vir jou: 1) Moenie jouself blameer nie. 2) Moenie jou kind se swakheid vanaf jou posisie van krag oordeel nie. Die rede hoekom hulle nie kan sien nie is omdat hulle geestelik blind is. God kan egter hul oë oopmaak. Jesus het gesê: ‘Niemand kan na My toe kom as die Vader… hom nie na My toe laat kom nie…’ (Johannes 6:44 NLV). Jy kan vir jou kind bid en vertrou dat God hom na Jesus toe sal laat kom. 3) Hou jou hart en jou deur oop. Toe die Verlore Seun uiteindelik tot sy sinne gekom het, het hy geweet waarheen om te gaan; terug huis toe na die vader wat hom liefgehad het. Jy kan nie jou kinders van die gevolge van hulle aksies red nie en jy mag dalk nie in staat wees om die pyn waardeur hulle gaan te verminder nie. As jy egter bid en jou hart en jou deur oophou, kan God hulle terugbring. ‘Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.’ Dis ‘n belofte waarop jy vandag kan staan.
29 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min