Woord vir Vandag - 29 Jan 2025

Loading player...
“Josef het die oudste een Manasse genoem… Die tweede een het hy Efraim genoem…” Genesis 41:51-52 NLV
Beweeg aan
Wanneer jy ‘n tragedie of verlies ervaar, kan jy, tensy jy hulp kry, emosioneel afskakel en daarin vasgevang bly. Wanneer jy op die pyn van die verlede fokus, loop jy die risiko om die seën wat God vir jou in die toekoms het, mis te loop. As enigiemand ‘n rede gehad het om tot wanhoop in te gee, was dit Josef. Die mense wat veronderstel was om vir hom lief te wees, het hom verraai. Hy is belaster, daar is oor hom gelieg en hy is onder valse voorwendsels in die tronk gestop. Hoe het hy dit oorleef? Vier keer in Genesis 39 sê die Bybel: ‘Die Here was by Josef.’ ‘n Versekering van God se teenwoordigheid sal jou deur dinge wat jou andersins sal vernietig, staande hou. Josef het geweet dat hy moes vergewe en vergeet en nie aan wrokke vasklou nie, om hom sodoende vry te maak en te posisioneer om sy goddelike lotsbestemming te vervul. Hoe weet ons dit? Oor wat hy sy twee seuns genoem het: ‘Josef het die oudste een Manasse genoem, want hy het gesê: ‘God het my al my kwellings laat vergeet, en ook alles wat my familie teen my gedoen het.’ Die tweede een het hy Efraim genoem, want hy het gesê: ‘God het my vrugbaar gemaak in die land van my swaarkry.’’ Wie het Josef in staat gestel om die pyn van dit wat sy familie hom aangedoen het te vergeet? God! Wat het hom in staat gestel om die ongeregtighede wat ander mense hom aangedoen het te oorkom? ‘n Daaglikse versekering van God se teenwoordigheid. Vandag sal God se teenwoordigheid dieselfde vir jou doen. Sy belofte aan jou is: ‘Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees… Want Ek is die Here jou God…” (Jesaja 43:2-3 NLV).
28 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min