Woord vir Vandag - 28 Jan 2025

Loading player...
“Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word…” Johannes 4:14 NLV
Net Jesus kan jou siel bevredig
Die vrou wat Jesus by die put van Jakob ontmoet het, was al vyf keer getroud. Sy het deur verskeie verhoudings probeer om die leemte binne in haar te vul. Dit het egter nie vir haar gewerk nie en dit sal ook nie vir jou werk nie. Om die korporatiewe leer uit te klim, meer en meer besittings aan te skaf of beroemd te word, sal ook nie daardie leemte vul nie. Let op wat Jesus vir hierdie vrou gesê het: ‘Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word…’ Wanneer jy sonder water in die woestyn is, kom daar ‘n stadium wanneer jy lugspieëlings begin sien en dinge wat nie waar is nie, begin glo. Wanneer jou siel uitgedroog is, begin jy na dinge uitreik wat nie regtig is nie en wat jou siel nie kan bevredig nie. Jesus het nie hierdie vrou se verlede opgehaal om haar te verneder nie. Hy het dit vir slegs een rede opgehaal; om haar te laat weet dat Hy die wonde van haar verlede kan genees en haar hoop vir ‘n beter toekoms kan gee. Hy het dit ook gedoen. Nie net het Hy haar getransformeer nie, maar sy het ook die eerste persoon geword wat die evangelie in Samaria bekendgemaak het. Miskien dink jy jy is verby die punt van hoop en verlossing. Dawid was nie en hy het owerspel gepleeg en dit met ‘n moord toegesmeer. Petrus was nie en hy het Jesus verloën. Paulus was nie en hy het Christene vermoor voor hy self een geword het. Hier is Jesus se belofte: ‘…Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel’ (vers 14 NLV).
27 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min