Woord vir Vandag - 27 Jan 2025

Loading player...
“Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet…” Romeine 3:21 AFR53
Verstaan geregtigheid
Jy sal hemel toe gaan omdat jy jou vertroue in Christus se geregtigheid, nie jou eie nie, geplaas het. Jy vra: ‘Maar is dit nie belangrik om die regte dinge te doen nie?’ Absoluut. Jou beloning in die hemel sal deur wat jy vir God hier op aarde gedoen het, bepaal word. Jou verlossing hang egter van jou vertroue in Christus se optrede, nie jou eie nie, af. Satan weet dit en hy sal jou na ‘n prestasie-gebaseerde Christelike lewe probeer terugdryf. Wanneer jy dan misluk, soos jy vir seker sal, sal hy jou veroordeel en jou vertel dat jy nie God se liefde en aanvaarding waardig is nie. Let op wat veroordeling doen: 1) Dit steel jou selfvertroue voor God. Jy is nie in staat om sy beloftes op te eis nie, omdat jy onwaardig voel. Daar word een-en-dertig keer in die Skrif genoem dat ons ‘in Christus’ is. Dis een vir elke dag van die maand. Herinner jouself dus elke dag dat jy ‘in Christus’ is en omdat Hy waardig is, word jy aanvaar. 2) Dit maak jou prikkelbaar en onaangenaam om by te wees. Verslawingberaders beskryf dit as om ongemaklik in jou eie vel te voel. Gevolglik begin jy dit wat jy aan die binnekant voel, uiterlik projekteer. Wat is die antwoord? Paulus gee dit vir ons: ‘Niemand sal dus op grond van wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie… Maar nou het God vir ons ‘n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry… God spreek ons vry wanneer ons op Jesus vertrou om ons sonde weg te neem. Ons kan almal hierdie vryspraak ontvang, maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie’ (verse 20-22 NLV). Geregtigheid word op jou rekening deur geloof, nie werke nie, gekrediteer. Vandag is jy ‘in Christus’ geliefd en aanvaar.
26 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min