Woord vir Vandag - 26 Jan 2025

Loading player...
“Die God wat ons aanbid kán ons uit die vuur red… En selfs al red Hy ons nie…” Daniël 3:17-18 NLV
Wanneer God opdaag
Toe Sadrag, Mesag en Abednego geweier het om voor koning Nebukadnesar se dertig meter hoë goue afgod te buig, het hy gedreig om hulle in ‘n vlammende oond te gooi. Hier is wat hulle vir hom gesê het: ‘Die God wat ons aanbid kán ons uit die vuur red. Hy sal ons uit u hand bevry, U Majesteit. En selfs al red Hy ons nie… sal ons nie u gode vereer nie…’ (verse 17-18 NLV). Wanneer daag God op? Wanneer jy sê: ‘God is in staat om my te red, maar indien Hy nie doen nie, gaan ek Hom in elk geval dien.’ Dis wonderlik wanneer God dit wat ons nodig het voorsien. Tog is die tipe geloof wat God waarlik behaag die geloof wat sê: ‘Selfs al red Hy my nie, gaan ek God in elk geval vertrou.’ Petrus skryf: ‘Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ‘n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word’ (1 Petrus 1:6-7 NLV). Die Bybel sê nie dat die drie Hebreeuse kinders die vierde man wat saam met hulle in die vuur was gesien het nie; dit sê dat Nebukadnesar Hom gesien het en Hom as ‘…’n hemelwese’ (Daniël 3:25 DB), beskryf het. Selfs wanneer jy dit dus nie weet nie, het jou geloof, jou lewe en jou getuienis ‘n impak op die mense rondom jou en bring dit eer aan God.

Indien jy dalk nog nie ingeteken is om daagliks ons Woord vir Vandag te ontvang nie, teken gerus in by
https://www.radiokansel.co.za/teken-in-die-woord-vir-vandag/ om jou elektroniese weergawe van die
Woord vir Vandag vars in jou epos elke oggend te ontvang
Dankie vir jou saamluister en ondersteuning, die Here seen jou ryklik!
25 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min