Woord vir Vandag - 25 Jan 2025

Loading player...
“Laat hulle al die kos en graan in hierdie goeie jare in koninklike skure stoor…” Genesis 41:35 NLV
Maak bymekaar, stoor dit en deel dit
Let op wat Josef vir farao gesê het: ‘Die farao moet dan beamptes oor die hele land aanstel sodat hulle een vyfde van die oeste gedurende die sewe voorspoedige jare kan invorder. Laat hulle al die kos en graan van hierdie goeie jare in koninklike skure stoor… Op hierdie manier sal daar genoeg kos wees om te eet wanneer die sewe jaar van hongersnood aanbreek…’ (verse 34-36 NLV). Daar is twee belangrike lesse vir ons in hierdie verhaal. 1) Moenie toelaat dat die slegte tye jou goeie tye opeet nie. Wat is die beste manier om dit te doen? Deur op die Woord van God tydens tye van moedeloosheid en moeilikheid te staan. ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV). 2) Moenie net die goeie tye geniet nie; versamel wysheid, krag, strategieë, verhoudings en hulpbronne wat jou in die slegte tye sal handhaaf, daaruit. Paulus skryf: ‘…ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter…’ (Romeine 5:3-4 NLV). Wanneer God jou egter seën, moet dit nie net stoor nie – deel dit met ander mense. Oefen die wet van wederkerigheid wat Jesus ons geleer het uit: ‘As julle gee, sal julle ontvang… Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang’ (Lukas 6:38 NLV). Waaraan jy deur selfsugtige doelwitte vasklou, sal jy uiteindelik verloor. Wat jy egter gee om ander mense te seën, het God beloof dat jy nou en in die ewigheid daarvoor beloon sal word.

Indien jy dalk nog nie ingeteken is om daagliks ons Woord vir Vandag te ontvang nie, teken gerus in by
https://www.radiokansel.co.za/teken-in-die-woord-vir-vandag/ om jou elektroniese weergawe van die Woord vir Vandag vars in jou epos elke oggend te ontvang
Dankie vir jou saamluister en ondersteuning, die Here seen jou ryklik!
24 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min