Woord vir Vandag - 24 Jan 2025

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV
Moenie tou opgooi nie!
Salomo sê: ‘Daar is… ‘n Tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf. ‘n Tyd om te plant en ‘n tyd om uit te ruk wat geplant is. ‘n Tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak. ‘n Tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou. ‘n Tyd om te huil en ‘n tyd om te lag. ‘n Tyd om hartseer te wees en ‘n tyd om van vreugde te dans. ‘n Tyd om jou saad te saai en ‘n tyd om jou saad terug te hou. ‘n Tyd om te omhels en ‘n tyd om weg te bly. ‘n Tyd om te soek en ‘n tyd om te verloor. ‘n Tyd om op te pas en ‘n tyd om weg te gooi. ‘n Tyd om te skeur en ‘n tyd om vas te werk. ‘n Tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat. ‘n Tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat. ‘n Tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede’ (verse 2-8 NLV). Dis ‘n totaal van agt-en-twintig verskillende ‘tye.’ Let egter op wat Salomo nie vir ons gee nie – ‘n tyd om tou op te gooi! Solank as wat jy op die slagveld bly, kan God jou situasie verander en jou die oorwinning gee. Indien jy vandag oor jou huwelik, jou kinders, jou gesondheid, jou finansies, jou werk en jou toekoms bekommerd is, is hier ‘n belofte waarop jy kan staan: ‘’Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie. Elke aanklag teen jou, sal jy weerlê. Dit is die erflating van die dienaars van die Here. Aan hulle laat Ek reg geskied,’ verklaar die Here’ (Jesaja 54:17 NLV). Moet dus nie tou opgooi nie!
23 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min