Woord vir Vandag - 23 Jan 2025

Loading player...
“tot sy woorde waar geword het, en die Here se woorde bevestig is.” Psalm 105:19 NLV
Vertrou die belofte wat God vir jou gegee het
Toe Josef se broers hom van sy kleurvolle jas, wat sy vader se guns verteenwoordig het, gestroop het, wat het hom standvastig gehou? Die belofte wat God aan hom gegee het. Toe hy in ‘n put gegooi is en in slawerny verkoop is, wat het hom standvastig gehou? Die belofte wat God aan hom gegee het. Toe die skinker met wie hy in die tronk bevriend geraak het, vergeet het om sy saak voor farao te bepleit, wat het hom standvastig gehou? Die belofte wat God aan hom gegee het. ‘Hy het iemand vooruitgestuur: Josef, wat verkoop is as slaaf. Sy voete het hulle in boeie gedwing, en sy nek in ‘n ysterhalsband gesit tot sy woorde waar geword het, en die Here se woorde bevestig is. Toe het Farao hom vrygelaat; die heerser oor volke het hom bevry. Hy het hom aangestel oor sy huis, met gesag oor al sy eiendomme’ (verse 17-21 NLV). God se Woord sal die toets van tyd deurstaan, maar vir dit om te gebeur, moet jy gedurende jou tye van beproewing sterk in geloof staan. Jy sal deur die houding en aksies van jou familie getoets word. Jy sal deur die ontrouheid en verraad van vriende wat jy vertrou het, getoets word. Jy sal deur omstandighede van teëspoed en swaarkry wat die teenoorgestelde is van wat God aan jou belowe het, getoets word. Jy sien, God is meer in jou karakter as in jou gemak geïnteresseerd. Hoekom toets mens iets? Om uit te vind of dit betroubaar is. Wanneer jy jouself betroubaar bewys, kan jy op die volgende belofte staan: ‘…Wees seker dit gaan gebeur…’ (Habakuk 2:3 NLV). Staan dus vandag op die belofte wat God vir jou gegee het.
22 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min