Woord vir Vandag - 22 Jan 2025

Loading player...
“…Here, wat wil U hê moet ek doen?..” Handelinge 9:6 AFR53
Wat dit verg om God se wil te doen
Paulus se lewe is vir ewig verander toe hy die volgende vraag gevra het: ‘...Here, wat wil U hê moet ek doen?..’ Let op wat God hom geantwoord het: ‘Staan nou op en gaan die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jou te doen staan’ (vers 6 NLV). God se wil word in stappe ontdek. Stap een is bewustheid. Jy kan nie van rigting verander as jy onbewus is dat jy in die verkeerde rigting op pad is nie, neem dus tyd om te dink waarheen jy tans op pad is. As dit nie is waarheen jy moet gaan nie, skryf dan die stappe neer wat jy moet neem om te gaan waarheen jy wil gaan, om te bereik wat jy wil bereik. Maak hierdie stappe so konkreet as moontlik. Sal dit heeltemal die regte stappe wees? Miskien, miskien nie. Jy sal egter nie vir seker weet voordat jy vorentoe begin beweeg nie. Stap twee is aksie. Jy kan nie wen as jy nie begin nie! Neem die inisiatief. Doen elke dag iets spesifieks wat jou een stap nader aan jou doelwit sal bring. Hou dan aan om dit elke dag te doen. Stap drie is verantwoordbaarheid. Min dinge sal jou so inspireer om jou doelwitte deur te sien as verantwoordbaarheid. Een manier waarop jy dit kan bereik is om jou doelwitte te deel. Wanneer jy vir mense vertel wat jy beoog om te doen, sal jy gedruk voel om aan te hou werk daaraan. Gee daardie mense toestemming om jou oor jou vordering uit te vra. Dis soos om jouself ‘n sperdatum te gee sodat jy aanhou daaraan werk. Nog ‘n vorm van verantwoordbaarheid is om dinge neer te skryf. Wil jy God se wil doen? Begin dit deur hierdie stappe te doen.
21 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min