Woord vir Vandag - 21 Jan 2025

Loading player...
“...Ons bekwaamheid kom van God” 2 Korintiërs 3:5 NLV
Glo God, ten spyte van die oënskynlike
Gideon se leërmag van twee-en-dertig duisend man was heeltemal deur die magdom Midaniete in getalle oortref toe God vir hom sê: ‘Jy het te veel soldate.’ Hy het Gideon beveel om enigiemand wat bang was te laat gaan en Gideon het twee-derdes van sy manskappe verloor. Hy het net tienduisend man oorgehad. Weer het die Here gesê: ‘Daar is steeds te veel manne,’ en Gideon se leërmag tot driehonderd mans verminder. Op daardie stadium was die kanse vir oorwinning seker omtrent ‘n miljoen tot een. Dit raak egter nog beter! God het Gideon beveel om die Midianiete met ramshorings en erdepotte aan te val. Kan jy glo – Israel wen die geveg! Hoekom het God dit op hierdie manier gedoen? Want as Gideon met twee-en-dertig duisend mans aangeval en die geveg gewen het, sou die Israeliete slegs beperkte erkenning aan God gegee het. God is egter waardig vir meer. God verlang en verdien volle erkenning. Wanneer driehonderd mans ‘n massiewe leërmag met ramshorings en erdepotte verslaan, kry God al die heerlikheid (sien Rigters 7). Te dikwels draai ons gebede om die versoek dat God ons kanse om te wen, moet vergroot. Ons wil hê dat alles in ons guns moet wees. Miskien wil God egter hê dat die kanse teen ons moet wees, sodat ons ‘n wonderwerk van goddelike omvang kan ervaar. Geloof is om God te vertrou, maak nie saak hoe hopeloos die kanse is nie. Ons onmoontlike omstandighede is geleenthede om ‘n nuwe hoogte van God se heerlikheid te ervaar. Staar jy 'n situasie in die gesig wat, menslik gesproke, buite jou vermoë is om te hanteer? Lees dan die volgende: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV).
20 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min