Woord vir Vandag - 20 Jan 2025

Loading player...
“Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.” Romeine 8:18 NLV
Jy sal daarvoor beloon word
In 1857 het David Livingstone die volgende toespraak by Cambridge Universiteit gelewer: ‘Mense praat van die opoffering wat ek gemaak het deur soveel van my lewe in Afrika deur te bring. Weg met so ‘n siening en met so ‘n gedagte! Dit was geen opoffering nie. Dit was eerder ‘n voorreg. Angs, siekte, lyding, of gevaar nou en dan, tesame met die afsien van die gewone geriewe van hierdie lewe, mag ons laat huiwer, die gees laat wankel en die siel laat sink; maar laat dit net vir ‘n oomblik wees. Al hierdie is niks in vergelyking met die heerlikheid wat in en vir ons geopenbaar sal word nie. Ek het nooit 'n opoffering gemaak nie.’ Wanneer jy die Here dien, kry jy altyd meer terug as wat jy opoffer. As jy meer terugkry as wat jy opoffer, het jy dan werklik enigiets opgeoffer? ‘Petrus begin toe opnoem wat hulle alles opgeoffer het: ‘U moet darem besef ons het alles agtergelaat om U te volg.’ Daarop het Jesus geantwoord: ‘Ek verseker julle, elkeen wat ‘n huis of broers of susters of ma of pa of kinders of eiendom ter wille van My en die Goeie Nuus prysgegee het, sal in hierdie tyd honderd maal soveel aan huise en broers en susters en ma’s en kinders en eiendom ontvang; ook nog vervolging, maar in God se nuwe wêreld die ewige lewe!’ (Markus 10:28-30 NLV). Die enigste spyt wat jy aan die einde van jou lewe gaan hê, is dat jy God nie meer en vroeër gesoek en gedien het nie.
19 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min