Woord vir Vandag - 17 Jan 2025

Loading player...
“…O God, wees my as sondaar genadig!” Lukas 18:13 NLV
Ons het almal dieselfde genade nodig
Jesus het gesê: ‘Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. Die Fariseër het stelling ingeneem en by homself gebid: ‘O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie – diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee ‘n tiende van alles wat ek verdien!’ Die tollenaar het op ‘n afstand stelling ingeneem en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my as ‘n sondaar genadig!’ Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is…’ (verse 10-14 NLV). Die verskil tussen hierdie twee mans was dat die Fariseër skuldig aan sondes van die gees was, terwyl die tollenaar skuldig aan sondes van die vlees was. Trots het die deur na die hemel vir die Fariseër toegemaak, maar nederigheid het die deur van die hemel vir die tollenaar oopgemaak. Die Fariseër het gesê dat hy onskuldig is, maar het skuldig huis toe gegaan. Die tollenaar het erken dat hy skuldig was en het onskuldig huis toe gegaan. Let op dat die tollenaar nie die gewone woord vir genade gebruik het nie. Die woord wat hier gebruik word, dateer terug na die Hebreeuse woord kippur toe, wat ‘versoening’ beteken. Die woord versoening beteken ‘om te bedek.’ Wat die tollenaar gesê het was: ‘God, ek erken ek is ‘n sondige man met 'n sondige hart. God, sal U my bedek?’ Dit is al wat God van hom moes hoor om hom te red - en dit is al wat God van jou ook moet hoor.
16 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min