Woord vir Vandag - 16 Jan 2025

Loading player...
“Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou…” Filippense 3:8 NLV
God is aan die werk!
Die ervarings wat jy gehad het voor jy jou lewe aan Christus toevertrou het, insluitend dinge waaroor jy spyt is, kan as verlossing dien en ten goede gebruik word. Voor Paulus vir Christus op die pad na Damaskus ontmoet het, het hy sy lewe daaraan gewy om die Ou Testamentiese wet te bestudeer. ‘…As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat die gehoorsaamheid aan wette betref om my saak met God reg te maak, kon niemand ‘n vinger op my lê nie’ (verse 5-6 NLV). Paulus kon in oënskou sy jare van studie as ‘n Fariseër as ‘n mors van tyd gesien het. God het hom egter daardeur voorberei om die Jode te wys dat Christus die vervulling van die geskrifte in die Ou Testament, wat hy so goed geken het, was. Dis maklik om in die strik te trap om te dink dat God eers op die dag toe ons Christus as ons Redder leer ken, in ons lewens begin werk het. Die Skrif sê egter dat Hy ons ‘vooruit’ ken, wat beteken dat Hy ons gekies en ons voorberei het lank voor ons Hom ooit ontmoet het (sien Romeine 8:29-30). Dawid het gesê dat God al die dae van sy lewe nog voor hulle plaasgevind het, neergeskryf het (sien Psalm 139:16). Dieselfde is van jou waar. God is in jou lewe aan die werk op maniere waarvan jy onbewus is. ‘Dis mos God wat julle gewillig maak om te doen waarvan Hy hou, en Hy gee julle ook die vermoë om dit te kán doen!’ (Filippense 2:13 NLV). Geloof verander die vraag: ‘Is God aan die werk?’ na ‘n verklarende uitdrukking van geloof: ‘God is aan die werk!’
15 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min