Woord vir Vandag - 15 Jan 2025

Loading player...
“…Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is.” 2 Korintiërs 11:14 NLV
Onderskei tussen vals en eg
In 2 Korintiërs 11, beskryf Paulus vier maniere waarop Satan soos ‘n meester vervalser te werk gaan. Eerstens verskaf hy ‘n vals Redder: ‘…Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is.’ Alhoewel daar kultusse is wat van Jesus preek, preek hulle nie oor die Christus van die Christendom nie. Tweedens stel hy vals dienaars voor: ‘Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is… Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulleself voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien’ (verse 13, 15 NLV). Derdens bring Satan valse heiliges: Paulus identifiseer hierdie valse broeders as diegene wat soos jou broer of suster aan die buitekant lyk, maar in die geheim jou vyand aan die binnekant is (sien Galasiërs 2:4). Satan bied ook vals redding vir ons aan: ‘Vervloek is elkeen wat ‘n ander boodskap verkondig as wat ons aan julle verkondig het, al sou dit ons self of ‘n boodskapper uit die hemel wees’ (Galasiërs 1:8 NLV). Dit is nie noodwendig dat Christene voorgee om kinders van die duiwel te wees nie, maar eerder dat die goddelose dikwels regverdig voorkom. God kan ‘n sondaar van ‘n heilige onderskei en jy gaan beide van hulle binne die kerk sowel as buite die kerk vind. Dis ‘n goeie ding, omdat aanhoudende blootstelling aan die Bybel mense verander. Jesus het nooit gesê dat die kerk perfek is nie en ons moet ook nie. Ons bewustheid van hierdie waarhede moet ons nie selfregverdigend en veroordelend maak nie. Inteendeel, dit moet ons geleiers van God se genade en barmhartigheid maak en ons lei om vollediger aan Christus toegewy te wees.
14 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min