Woord vir Vandag - 13 Jan 2025

Loading player...
“…sy Goddelike krag [het] ons alles laat kry wat ons nodig het…” 2 Petrus 1:3 NLV
Vasbeslote om sterk te eindig
Om God te volg beteken dat jy dit waarvoor Hy jou geroep het om te doen, klaarmaak. Nie almal wat begin, eindig sterk nie. Ons is soms geskok en hartseer om te verneem dat ‘n leier voor ‘n morele of ‘n finansiële probleem geswig het. Paulus skryf: ‘Lukas, ons geliefde dokter, stuur vir julle groete, en ook Demas’ (Kolossense 4:14 NLV). Later skryf hy: ‘Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe…’ (2 Timoteus 4:10 NLV). Daar is drie magte wat teen jou saamspan en nooit opgee nie: die wêreld, die vlees, en die duiwel. Die wêreld sal probeer om jou volgens sy voorbeeld te vorm, jou vleeslike aard sal probeer om jou af te trek en die duiwel sal elke truuk in die boek gebruik om jou te probeer verslaan. Paulus was bewus van hierdie drie kragte toe hy gesê het: ‘Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie…’ (Handelinge 20:24 NLV). Neem dus ‘n wilsbesluit om die taak wat God jou gegee het klaar te maak en elke oomblik daarvan te geniet. ‘Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang!.. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die geneigdheid van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word. Juis om hierdie rede moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie beloftes vir julle waar geword het…’ (2 Petrus 1:3-5 NLV).
12 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min