Woord vir Vandag - 12 Jan 2025

Loading player...
“Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is…” Efesiërs 4:24 NLV
Bevry van die drama van emosies
Jesus het voor sy kruisiging in die tuin van Getsemane gaan bid. Hy het intense emosies ervaar. ‘Terwyl Hy intense angs beleef, het Jesus nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed geword wat op die grond drup’ (Lukas 22:44 NLV). Hierdie emosies was so sterk dat Hy gebid het dat die beker van die kruis by Hom verby moet gaan. Daardie nag het Jesus egter die oorheersing van emosies deur gehoorsaamheid aan die wil van sy Vader gebreek deur te sê: ‘…Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!’ (vers 42 NLV). Emosies sal dit doen wat ons hulle, in geloof, beveel om te doen. Dawid het gesê: ‘Ek wil die lof van die Here verkondig. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam verheerlik’ (Psalm 103:1 NLV). Dawid het sy siel, die kern van sy emosies, beveel om die Here te verheerlik. Hy het geglo dat sy siel en alles in hom sou doen wat hy beveel het. Gevoelens kan van drama tot seën getransformeer word. Paulus het geglo dat negatiewe emosies uitgetrek en positiewe emosies aangetrek kon word. ‘naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Julle moet op ‘n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is’ (Efesiërs 4:22-24 NLV). Weer skryf hy: ‘Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewe skeidsregter wees…’ (Kolossense 3:15 NLV). Dit is duidelik uit die Skrif dat emosies beheer kan word en dat mens se wil op God se krag en geloof, eerder as op die drama van emosies, kan reageer.
11 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min