Woord vir Vandag - 10 Jan 2025

Loading player...
“Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes.” Lukas 14:13 NLV
Bewys medelye teenoor almal (1)
Lukas skryf: ‘Een Sabbatdag was Jesus in die huis van ‘n leier van die Fariseërs. Die mense het Hom stip dopgehou’ (vers 1 NLV). Daardie dag het Hy een van hul mees gewaardeerde godsdienstige tradisies op sy kop gedraai deur te sê: ‘…Wanneer jy ‘n middag- of aandete gee… Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy sal geseënd wees, want by die opstanding van die godvresendes sal God jou beloon omdat jy hulle wat jou nie kon beloon nie, genooi het’ (verse 12-14 NLV). Enige iets wat gebrekkig was, is deur die Fariseërs as ongeskik beskou om die volmaakte heiligheid van God te weerspieël. Gevolglik het hulle niks wat misvormd was binne die grense van die tempel toegelaat nie. Verder, aangesien hulle geglo het dat die tempel deur Rome verneder is, het hulle geglo dat hulle God kon eer deur hul huise as klein tempels te behandel. Vir Jesus om vir hierdie bekende Fariseër te sê om doelbewus misvormde, gebrekkige mense in sy heilige klein tempel in te nooi, was ’n doelbewuste klap in die gesig. Jesus se medelye het uit sy liefde vir alle individue en sy pyn wanneer enige iemand misken word, gespruit. Ons word nooit in die Skrif vertel dat Jesus medelye met iemand gehad het omdat hulle dit verdien het nie, maar omdat hulle in nood verkeer het. Moet nie die punt wat Jesus gemaak het, miskyk nie. Hy het belowe dat jy in hierdie lewe geseën sal word en in die volgende lewe beloon sal word, wanneer jy vriendelikheid en medelye betoon aan dié wat jou nie kan terugbetaal nie. Onthou dit wanneer jy in die versoeking kom om iemand oor die hoof te sien omdat hulle 'n spesifieke probleem het waarvan jy nie hou nie.
9 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min