Woord vir Vandag - 9 Jan 2025

Loading player...
“…As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat…” 1 Petrus 3:10 NLV
Gebruik jou tong op die regte manier
Jou tong het kreatiewe krag. As jy daaraan twyfel, kritiseer bietjie iemand en let dan die kyk op hulle gesigte en hulle reaksie op. Komplimenteer dan iemand en let die kyk op hulle gesig en hulle reaksie op. Kom ons praat egter nie net oor die effek wat jou woorde op ander mense kan hê nie, maar die effek wat dit op jou kan hê. Die Bybel sê dat wanneer jy jou tong gebruik om goed te doen, sal jy die lewe liefhê en goeie dae beleef (sien 1 Petrus 3:10). Jesus gee ons ‘n kragtige illustrasie daarvan: ‘Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie’ (Markus 11:23 NLV). Wat het Jesus hiermee bedoel? Dat jy oor jou probleem kan praat, of met die groot probleemoplosser daaroor kan praat. Jy kan daaroor kla, of daaroor bid. Jy kan dit uit ‘n menslike perspektief waar jy op al die komplikasies fokus bespreek, of jy kan dit uit ‘n goddelike perspektief waar jy op God se krag om die omstandighede te verander fokus, bespreek. Jy kan jou moedeloosheid en wanhoop versterk deur dinge te sê soos: ‘Die probleem is te groot en ek kan niks daaraan doen nie.’ Of jy kan die probleem aan God gee en sê: ‘Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). Wanneer jy dit sê, gebruik jy nie net die kreatiewe krag van God se Woord nie, jy gebruik ook jou tong op die regte manier.
8 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min