Woord vir Vandag - 7 Jan 2025

Loading player...
“…Besef jy nie dat God so goed is vir jou omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie?’ Romeine 2:4 NLV
Drie stappe tot geestelike herstel
Satan wil jou oortuig dat jou mislukkings so erg is dat hulle jou in God se oë diskwalifiseer, dat jy onwaardig vir God se liefde en genade is en dat jy God heeltemal moet vermy. Moet hom nie glo nie. Hier is drie stappe wat tot geestelike herstel sal lei: 1) Bekeer jou. Erken jou sonde, doen afstand daarvan en vertrou op die bloed van Jesus om jou te vergewe. God het jou liefgehad toe jy ‘n sondaar was en Hy het jou nie minder lief as een van sy verloste kinders wat foute maak nie. 2) Restitusie. Wanneer jou aksies iemand seergemaak het, sê Jesus vir jou wat om te doen: ‘As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens ‘n grief teen jou koester, los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon… (Matteus 5:23-24 NLV). As jy in God se seën wil wandel, moet jy sy instruksies volg. 3) Herfokus. ‘Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ‘n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee’ (2 Korintiërs 3:18 NLV). Wanneer jy op jouself en jou mislukkings fokus, kyk jy in die verkeerde spieël. Wanneer jy op Christus en sy onfeilbare liefde en genade aan jou fokus, kyk jy in die regte spieël. Jy sal in die beeld waarop jy fokus, verander word. Genadiglik bring nie jy nie, maar die Heilige Gees wat in jou woon, hierdie verandering mee. Hy sal aanhou om in jou lewe te werk om jou meer en meer soos Jesus te laat word.
6 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min