Woord vir Vandag - 6 Jan 2025

Loading player...
“…Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie…” Jesaja 65:17 NLV
God kan jou herinneringe genees
Satan word ‘die aanklaer’ genoem en hy sal probeer om jou op jou verlede gefokus te hou. Hy kan jou elke dag seermaak, tensy jy God se vergifnis aanvaar, jouself vergewe en vorentoe beweeg. Jesus het jou sonde en skande by die kruis op Homself geneem, maar Satan wil hê dat jy dit moet aanhou dra. Waar kan jy ‘n antwoord kry? Kyk na hierdie Skrifgedeeltes: 1) ‘Kyk, Ek skep ‘n nuwe hemel em ‘n nuwe aarde. Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie’ (vers 17 NLV). Jy sê: ‘Maar dis eers in die toekoms.’ Dis waar. Die Bybel sê egter: ‘…hulle… wat die kragte van God se toekomstige wêreld beleef het…’ (Hebreërs 6:4-6 NLV), en dat ons lewens kan wees ‘…soos die dae van die hemel bo-oor die aarde’ (Deuteronomium 11:21 AFR53). 2) ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nog gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur!..’ (Jesaja 43:18-19 NLV). 3) ‘Moenie bang wees nie, jy sal nie weer verneder word nie. Moenie bang wees vir die skande van voorheen nie. Jy sal die skande van jou jeug vergeet…’ (Jesaja 54:4 NLV). Jy sê: ‘Ek kan nie help om te onthou nie!’ Ja, jy kan! Paulus, wat Christene vermoor en gevange geneem het voor hy ‘n apostel geword het, het gesê: ‘…een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het’ (Filippense 3:13-14 NLV). God kan jou herinneringe genees, so laat die genesing toe om te begin.
5 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min