Woord vir Vandag - 5 Jan 2025

Loading player...
“…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
God het vir jou ‘n opdrag om te vervul
Jou Godgegewe opdrag in die lewe kom met drie dinge: 1) ‘n Plan. ‘…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’ Soos jy tyd in gebed met die Here bestee, sal Hy sy plan aan jou openbaar. Hy sal dit stap vir stap doen. Jy vra: ‘Maar wat as ek ‘n fout maak? Wat as ek struikel?’ Die Bybel sê: ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV). 2) ‘n Tydraamwerk. Nie net het God ‘n persoonlike plan vir jou lewe nie, Hy skeduleer sekere dinge om op sekere tye in jou lewe plaas te vind. “…want dis tyd om genadig te wees; die bestemde tyd het aangebreek’ (Psalm 102:14 NLV). Dis hoekom jy in pas met God en in tyd met die hartklop van die Heilige Gees wat in jou woon, moet bly. 3) Oorwinning, ten spyte van die onwaarskynlikheid en teenstand. ‘want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof’ (1 Johannes 5:4 NLV). Staan sterk in geloof. Hou aan om op God te vertrou. Jy sê: ‘Maar die omstandighede lyk nie goed nie.’ God is in beheer van jou omstandighede. Hy het die son laat stilstaan om vir Josua ekstra tyd te gee om sy vyande te verslaan en Hy kan die omstandighede ten goede vir jou en tot sy heerlikheid verander.
4 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min