Woord vir Vandag - 3 Jan 2025

Loading player...
“…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte…” Johannes 15:5 NLV
Verbondenheid: die geheim tot ewige vrugbaarheid
As dit by jou spanning veroorsaak om die Here te dien, lees wat Jesus gesê het: ‘Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie voluit aan My verbonde bly nie. Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (verse 4-5 NLV). Een dag toe die groot sendeling J. Hudson Taylor oorwerk en bekommerd gevoel het, het hy ‘n brief van ‘n vriend wat die geheim van verbondenheid aan Christus ontdek het, gelees. Die brief het Taylor diep geraak en hy het besef dat sy eenheid met Christus vreugde en vervulling, nie bekommernis en spanning nie, tot gevolg moes hê. Kort daarna het Taylor aan sy suster geskryf: ‘Wat werk betref, myne was nog nooit so volop of so moeilik nie; maar die gewig en spanning is nou weg. Die afgelope maand was miskien die gelukkigste van my lewe; ek verlang om jou ‘n bietjie te vertel van wat die Here vir my siel gedoen het. Ek het na Jesus gekyk en onthou dat Hy gesê het dat Hy my nooit sal verlaat nie. Daar is rus, want het Hy nie belowe om by my te bly nie? Toe ek aan die Wingerdstok en die lote gedink het, het die geseënde Gees lig in my siel uitgegiet!’ Bid dus die volgende: ‘Here, in plaas daarvan om te strewe om te kyk hoeveel ek vir U kan doen, gaan ek aan U verbonde bly en kyk hoeveel U deur my kan doen.’ Dis ‘n gebed wat God sal beantwoord.
2 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min