Woord vir Vandag - 2 Jan 2025

Loading player...
“…terwyl Hy die mense intussen huis toe stuur. Daarna het Hy teen die berg uitgeklim om eenkant te gaan bid…” Matteus 14:22-23 NLV
Die belangrikheid daarvan om alleen saam met God te wees
Jesus was beide menslik en goddelik. Ons is geneig om meer aan Hom as die Seun van God as die Seun van die mens te dink, dus kyk ons dikwels dit wat ons vanuit sy menslike ervaring kan leer, mis. Toe Jesus wonderbaarlik vyfduisend mense kos gegee het, is sy goddelike krag ten toon gestel (sien Matteus 14:13-21). Tog sien ons na hierdie gebeurtenis sy menslikheid waarmee ons kan identifiseer. Nadat hy die skare verdaag en die dissipels weggestuur het, het Jesus na ‘n eensame plek op die berg gegaan om alleen saam met God te wees. Na so ‘n groot wonderwerk sou die meeste van ons dit gevier het. Die mense rondom Hom kon ook nie verstaan waarom Hy hulle wegstuur nie. Jesus het egter verstaan dat sy krag nie van die skare af kom nie, maar van sy Vader, dus het Hy tyd gemaak om alleen saam met Hom te wees. Die verhouding wat Jesus met sy Vader gehad het is ‘n voorbeeld van die verhouding wat jy ook met God kan hê. Drie dinge beskryf so ‘n verhouding: 1) Intimiteit. ‘Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ (Johannes 5:20 NLV). 2) Afhanklikheid. ‘…die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so’ (vers 19 NLV). 3) Gehoorsaamheid. ‘Ek is nie daartoe in staat om enigiets uit My eie te doen nie… omdat dit nie my wil is wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het’ (vers 30 NLV). Wat moet jy wegstuur om sodoende so ‘n verhouding met die Here te hê?
1 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min