Woord vir Vandag - 31 Des 2024

Loading player...
“Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy geantwoord. Sela.” Psalm 3:5 NLV
Jou stiltetyd (4)
Soms het Jesus vroeg opgestaan om te gaan bid; ander kere het Hy heelnag gebid. Jou stiltetyd kan dus in die oggend, aand of watter tyd ook al vir jou werk, wees. God nooi jou uit om enige tyd van die dag of nag tyd met Hom te bestee. Dawid het gesê: ‘Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy geantwoord. Sela.’ Hierdie woord ‘Sela’ verskyn een-en-sewentig keer in die Psalms. Dit beteken om te stop en te dink. Daar is nie ‘n spesifieke tydsduur wat hierdie pouse moet wees nie. Dit word aan die individu oorgelaat. Sela. Dis ‘n oproep om te rus en te reflekteer, om stil te wees en diep asem te haal, om in die oomblik te wees en vir ‘n rukkie daar te bly. Die Sela-gedagte blyk die kern van stiltetyd met God te wees. Wanneer die Here: ‘Sela,’ sê, sê Hy: ‘Stop en kom sit by my voete. Jy behoort aan My.’ Wat ‘n uitnodiging! Dis alles waarna jy verlang en alles wat jy nodig het. Glo dit of nie, die mense wat dit die moeilikste vind om doen, is diegene wat in die bediening is. Soos Marta, blink hulle uit wanneer dit by diensbaarheid kom. Die gevaar om baie dinge vir die Here te doen, is dat ons voel dat dit ons verskoon om by sy voete te sit en tyd saam met Hom, soos Maria gedoen het, deur te bring. As jy nalatig of inkonsekwent hierin is, herstel jou stiltetyd met die Here en weier dat enigiets jou daarvan weerhou.
30 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min