Woord vir Vandag - 28 Des 2024

Loading player...
“By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op. Ek wag op u Woord om my sterk te maak.” Psalm 119:114 DB
Jou stiltetyd (1)
Wat weerhou jou daarvan om gereelde stiltetyd met God te hou? Miskien voel die gedagte daaraan as nog ‘n ‘moet’ op die oneindige kontrolelys van jou lewe. Dus dink jy: ‘Miskien later, wanneer die lewe nie so besig is nie.’ Ons moet die mites en onpraktiese verwagtinge wat die vyand gebruik om te verhoed dat ons die vreugde ervaar om Jesus te ken en deur Hom geken te word, laat gaan. Dawid het geskryf: ‘Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink. Want as gevaar dreig, sal Hy my wegsteek. Hy sal my in sy woning verberg. Hy sal my op ‘n hoë rots laat staan. Dan sal ek my kop hoog oplig bokant my vyande wat my omring… U het vir my hart gesê: ‘Kom en dien My.’ Ek antwoord: ‘Here, ek kom U dien’’ (Psalm 27:4-6, 8 NLV). Toe Dawid hierdie woorde geskryf het, was daar nie ‘n tempel of ‘n ‘huis van die Here,’ nie. Wat het hy dus bedoel? Dat God so naby aan jou as ‘n gebed is; dat jy enige tyd en enige plek die Here kan soek, jou in Hom kan verbly, oor Hom kan nadink en met Hom kan praat. Wanneer jy stiltetyd hou, beteken dit dat jy jou van mense, druk en probleme kan onttrek en nuwe krag by die Here kan kry deur met Hom in jou hart en gedagtes te kommunikeer. Dit kan enige plek en enige tyd gebeur.
27 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min