Woord vir Vandag - 26 Des 2024

Loading player...
“Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het…” Matteus 1:24 NLV
Lesse uit Josef se lewe (4)
Daar is goddelike doelwitte wat getrou bewaak en beskerm moet word om vervul te kan word. Josef gee ons drie sleutels om God se beloftes te vervul. Die eerste sleutel is genade en die tweede sleutel is geloof. Kom ons kyk na die derde sleutel: gehoorsaamheid. ‘Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem, maar hy het nie by haar geslaap totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem’ (verse 24-25 NLV). Josef was aan God gehoorsaam toe die omstandighede, menslik gesproke, nie sin gemaak het nie. Hy het God gehoorsaam toe sy gedagtes vol twyfel was. Hy het God gehoorsaam terwyl sy emosies in ‘n warboel was. Hy het God gehoorsaam toe dit beteken het dat hy sy huis moet verlaat en in Egipte moet gaan bly totdat Herodus dood is. Vir Josef het dit beteken om ‘n gevestigde besigheid en familie en vriende agter te laat. Dit het beteken dat hy in ‘n land moes gaan woon waar hy nie die taal verstaan of gepraat het nie. Hy het ook nie geweet hoe lank hulle daar sou moes bly nie: Weke? Maande? Jare? Alhoewel Egipte ‘n moeilike plek was om in te woon, was dit ‘n plek van gehoorsaamheid. God se beloftes word in plekke van gehoorsaamheid beskerm. God se beloftes aan ons word in plekke van gehoorsaamheid vervul. God openbaar sy wil in plekke van gehoorsaamheid aan ons. Wonderwerke gebeur in plekke van gehoorsaamheid. Voorsiening vind op plekke van gehoorsaamheid plaas. Ons is veilig in plekke van gehoorsaamheid. Wag jy vir ‘n belofte om vervul te word? Soek jy ‘n antwoord op gebed? Gebruik die sleutels van genade, geloof en gehoorsaamheid.
25 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min