Woord vir Vandag - 25 Des 2024

Loading player...
“…Daarop verskyn ‘n engel van die Here in ‘n droom aan [Josef]…” Matteus 1:20 NLV
Lesse uit Josef se lewe (3)
In Josef se lewe sien ons drie sleutels om God se doel en beloftes in ons lewens te vervul. Die eerste sleutel is genade. Kom ons kyk na die tweede sleutel: geloof. ‘Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: ‘Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees’’ (vers 20 AFR83). Josef wou sy verlowing met Maria privaat verbreek. Toe het God vir hom die goddelike plan vertel. Wat was Josef se deel? Om geloof in die moeilikste omstandighede uit te oefen. Om God te vertrou toe die situasie nie verstaanbaar of rasioneel verduidelik kon word nie. God het vir hom vier dinge gewys: 1) God het hom aan sy identiteit herinner: ‘Josef seun van Dawid.’ God wil hê dat jy moet weet wie jy ‘in Christus’ is (sien Efesiërs 1:18-19). 2) God het Josef verseker dat hy nie bang hoef te wees nie. Wat het Josef in staat gestel om sy vrees te oorkom en vorentoe te beweeg? Om van God te hoor. Om ‘n woord van die Here te hê waarop hy kon staan. Dis wat jy ook nodig het (sien Jesaja 30:21). 3) God het vir Josef rigting gegee. Hy moes Maria as sy vrou neem, ‘n vader vir die kind wees en Hom Jesus noem. Wat is die les vir jou? Wees onderrigbaar en volg God se instruksies. Dis deur geloof en gehoorsaamheid wat jy jou Godgegewe lotsbestemming sal bereik. 4) God het vir Josef verseker dat Hy in die situasie aan die werk was. Wanneer jy dit weet, kan jy vrede in jou hart en ‘n nuwe perspektief ervaar.
24 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min