Woord vir Vandag - 24 Des 2024

Loading player...
“…Daarom het hy hom voorgeneem om die verlowing privaat te verbreek.” Matteus 1:19 NLV
Lesse uit Josef se lewe (2)
Josef se lewe van stille dade gee ons drie sleutels om in God se beloftes te leef. Kom ons kyk vandag na die eerste sleutel: genade. Ons word aan Josef te midde van ‘n persoonlike krisis bekendgestel. Hy is lief vir Maria. Hy het ook geglo dat sy vir hom lief is… totdat hy gehoor het dat sy swanger is. Hoe moes hy reageer? Haar in die openbaar beskaam? Of haar oorgee aan ‘n openbare steniging soos die wet van Moses vereis het? Nee, hy het genade bo kwaadwilligheid, woede en wraak gekies. Josef se genade het die lewe van Maria gespaar en haar ongebore kind Jesus beskerm, sodat Hy sy doel kon vervul en ons Redder kon word. Hierdie begripvolle, vergewensgesinde en barmhartige timmerman het gehelp om ‘n begripvolle, vergewensgesinde en barmhartige Seun groot te maak. ‘n Seun wat vooroordeel en haat sou konfronteer; wat bo die diskriminasie van sy kultuur sou uitstyg en 'n Samaritaanse vrou as ‘n gelyke sou behandel; wat die vrou by die put van ‘n leeftyd van mislukking en leegheid sou bevry; wat aan ‘n vrou wat owerspel gepleeg het sê: ‘…Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie’ (Johannes 8:11 NLV). ‘n Seun wat sondaars nie as sleg nie, maar as verlore sou aanvaar. Een van Josef se ander seuns, Jakobus, sou grootword om in Jesus te glo en een van die boeke in die Bybel te skryf waar hy sê: ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om deernis te bewys, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg’ (Jakobus 3:17 NLV). Het iemand jou seergemaak? Volg Josef se voorbeeld en bewys genade.
23 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 28 Feb 2026

“The rich rule over the poor, and the borrower is slave to the lender.” Proverbs 22:7 NIV Be the master of your debt Good credit establishes your future buying power. But when you misuse debt, you experience anxiety each month as you pull the envelope from the mailbox with the…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV Wees die meester van jou skuld Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy…
22 Jan 2 min

Word for Today - 27 Feb 2026

“Whoever trusts in the Lord shall be safe.” Proverbs 29:25 NKJV Trust in the Lord rather than people Sometimes we make the mistake of placing our trust in people when we should be placing our trust in the Lord. And since God cannot fail and people can, we end up…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV Vertrou op die Here, eerder as op mense Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie,…
22 Jan 2 min

Word for Today - 26 Feb 2026

“Present your bodies a living sacrifice…to God.” Romans 12:1 NKJV Sacrificial living With the national coffers depleted from a series of costly wars, King Frederick William III of Prussia found his nation seriously short of funds as it attempted to rebuild. He refused to capitulate to his enemies and couldn’t…
22 Jan 1 min