Woord vir Vandag - 24 Des 2024

Loading player...
“…Daarom het hy hom voorgeneem om die verlowing privaat te verbreek.” Matteus 1:19 NLV
Lesse uit Josef se lewe (2)
Josef se lewe van stille dade gee ons drie sleutels om in God se beloftes te leef. Kom ons kyk vandag na die eerste sleutel: genade. Ons word aan Josef te midde van ‘n persoonlike krisis bekendgestel. Hy is lief vir Maria. Hy het ook geglo dat sy vir hom lief is… totdat hy gehoor het dat sy swanger is. Hoe moes hy reageer? Haar in die openbaar beskaam? Of haar oorgee aan ‘n openbare steniging soos die wet van Moses vereis het? Nee, hy het genade bo kwaadwilligheid, woede en wraak gekies. Josef se genade het die lewe van Maria gespaar en haar ongebore kind Jesus beskerm, sodat Hy sy doel kon vervul en ons Redder kon word. Hierdie begripvolle, vergewensgesinde en barmhartige timmerman het gehelp om ‘n begripvolle, vergewensgesinde en barmhartige Seun groot te maak. ‘n Seun wat vooroordeel en haat sou konfronteer; wat bo die diskriminasie van sy kultuur sou uitstyg en 'n Samaritaanse vrou as ‘n gelyke sou behandel; wat die vrou by die put van ‘n leeftyd van mislukking en leegheid sou bevry; wat aan ‘n vrou wat owerspel gepleeg het sê: ‘…Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie’ (Johannes 8:11 NLV). ‘n Seun wat sondaars nie as sleg nie, maar as verlore sou aanvaar. Een van Josef se ander seuns, Jakobus, sou grootword om in Jesus te glo en een van die boeke in die Bybel te skryf waar hy sê: ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om deernis te bewys, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg’ (Jakobus 3:17 NLV). Het iemand jou seergemaak? Volg Josef se voorbeeld en bewys genade.
23 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min