Woord vir Vandag - 23 Des 2024

Loading player...
“Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het…” Matteus 1:24 NLV
Lesse uit Josef se lewe (1)
Jy kan die evangelies deursoek en nie ‘n enkele woord wat deur Jesus se aardse vader, Josef, gespreek is, vind nie. Hy is egter onvervangbaar in die verhaal van Jesus se geboorte. God het Josef gebruik om die lewe van die Redder te beskerm en te bewaar. Kom ons kyk vandag na die les wat ons uit Josef se lewe kan leer: Jy is verantwoordelik om God se ongebore doelwitte en beloftes in jou lewe te beskerm. Tans is daar ‘n deel van God se wil wat nog onbekend in jou lewe is. ‘n Belofte wat nog vervul moet word. ‘n Woord wat nog gerealiseer moet word. ‘n Bediening wat nog bekendgestel moet word. ‘n Familielid wat nog gered moet word. Dit is goddelike doeleindes wat tans onsigbaar en ongebore is, wat dopgehou en beskerm moet word sodat hulle kan plaasvind. Net soos Herodes beveel het dat elke Hebreeuse babaseuntjie onder twee jaar doodgemaak moes word om Jesus te elimineer, net so sal Satan alles doen wat hy kan om te keer dat God se plan en doelwit in jou lewe en die lewens van jou geliefdes vervul word. Dit sal jou help verstaan dat die stryd nie oor jou verlede of jou hede gaan nie – maar oor jou toekoms. Wat staan jou dus te doen? Wees eerstens op jou hoede. ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind’ (1 Petrus 5:8 NLV). Tweedens moet jy oor jou lewe en jou geliefdes se lewens bid: ‘Ek het gesoek… na iemand wat voor My in die gaping in die muur kon staan…’ (Esegiël 22:30 NLV).
21 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min