Woord vir Vandag - 22 Des 2024

Loading player...
“Verkonding die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie …” 2 Timoteus 4:2 NLV
‘Moenie steur nie’
Paulus het vir Timoteus in sy opleiding vir die bediening gesê: ‘Verkonding die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig.’ Die meeste hotelle het ‘n bord wat jy op jou kamerdeur kan sit wat sê: ‘Moenie steur nie.’ Daardie bord op jou deur beteken jy wil ontspan, slaap of nie gepla word nie. Om daardie bordjie aan jou hotelkamer se deur te hang is aanvaarbaar, maar om dit aan jou lewe te hang is nie. Het jy al agtergekom dat God nie altyd dinge volgens ons rooster of op maniere wat vir ons gerieflik is, doen nie? Paulus het vir Timoteus gesê dat hy geroep is om die Here te dien, ‘of die tyd daarvoor geleë is of nie.’ Ons moet onthou dat dit wat God ons vra om te doen, altyd die moeite werd is, maak nie saak wat se ongerief of moeilikheid ons in die proses teëkom nie. Hy sal altyd ook vir ons ‘n manier gee om sy wil uit te voer wanneer ons aan Hom gehoorsaam is. Die Bybel sê: ‘Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie’ (Romeine 8:8 NLV). Die sondige natuur van die vlees behaag God nie. Dit beteken nie dat God nie lief is vir ons nie. Wat dit wel beteken is dat Hy nie tevrede sal wees met gedrag wat deur ons sondige natuur beheer word of dit ooit sal aanvaar nie. Verwyder dus jou ‘Moenie steur nie’ bord en wy jouself daaraan toe om in geloof te wandel, want dit is die pad na seën.
21 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min