Woord vir Vandag - 19 Des 2024

Loading player...
“…Ek lei hulle op paaie wat vir hulle onbekend is…” Jesaja 42:16 NLV
Is jy geroep om te gaan of te bly?
Soms beteken dit dat jy ‘n veilige en winsgewende loopbaan moet agterlaat wanneer jy God begin volg. Moses het ‘n paleis verlaat, Elisa het ‘n plaas verlaat en Jakobus en Johannes het hulle vissersbote agtergelaat. Soms beteken dit om God te volg egter om te bly waar jy is en elke geleentheid ten volle te gebruik om God se koninkryk te bevorder. Toe Dawid van die geveg teruggekeer het wou sommige van sy soldate nie die buit met diegene wat agtergebly het, deel nie. Dawid het egter gesê: ‘…Nee, ons deel gelykop: dié wat die pakgoed opgepas het, kry net soveel as dié wat gaan veg het’ (1 Samuel 30:24 NLV). Jy moet God vra of jy moet gaan en of jy moet bly. Dis verstommend hoe baie mense nie hou van wat hulle vir ‘n lewe doen nie. Hoekom doen hulle dit dan? Omdat ons almal moet lewe en uitgawes het om te betaal. Wat as God jou egter roep om iets anders te doen? Jy mag dalk nie suksesvol wees nie. Of besef dat jy nie soveel daarvan hou as wat jy verwag het nie. Of nie so baie geld maak nie. Die groter risiko is egter om te bly wanneer God jou roep om te gaan. Hoekom? Spyt! Die wete dat jy nooit probeer het om dit te doen waarvoor God jou geroep het nie. Jy sê: ‘Ek het baie onbeantwoorde vrae en daar is baie wat ek nie weet nie.’ Lees die volgende Skrifgedeelte: ‘…Ek lei hulle op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie!’ (Jesaja 42:16 NLV).
18 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min