Woord vir Vandag - 16 Des 2024

Loading player...
“As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie. En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.” Prediker 11:4 NLV
Vertrou God en gaan tot aksie oor
Daar is ‘n tyd om versigtig te wees en ‘n tyd om risiko’s te neem. Dit verg onderskeidingsvermoë om die verskil te ken. As jy vir die perfekte omstandighede wag voor jy ‘n geleentheid aangryp, sal jy totdat jy doodgaan huiwer. Die Bybel sê: ‘As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie. En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.’ Dikwels is die enigste ding wat tussen jou en die vervulling van jou droom staan, ‘n verskoning: ‘Ek is te besig… Ek het nie genoeg geld nie… Ek het nie die regte kwalifikasies nie… Ek is nog nie gereed nie… Ek het baie probleme.’ Niemand is egter ooit heeltemal gereed nie. Net voor Christus se eerste wonderwerk het Hy ‘n sweem van huiwering getoon: ‘…My tyd het nog nie gekom nie’ (Johannes 2:4 NLV). Jesus het egter ‘n moeder gehad wat Hom lief genoeg gehad het om Hom te oortuig. In sy boek Jump In! beskryf Mark Burnett sy pad as ‘n prominente TV-vervaardiger. Hy het trefferprogramme soos Survivor en The Apprentice geskep. Hy skryf: ‘Niks sal ooit perfek wees nie en niks kan ooit heeltemal beplan word nie. Die beste waarvoor jy kan hoop is om omtrent vyftig persent seker van jou plan te wees en te weet dat jy en jou span gewillig is om hard genoeg te werk om die onvermydelike probleme soos hulle opduik, te kan oorkom.’ Moet dus nie na die wind en die wolke kyk nie. Nadat jy gebid het en jouself voorberei het, is dit tyd om God te vertrou en tot aksie oor te gaan.
15 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min