Woord vir Vandag - 14 Des 2024

Loading player...
“…Ja, ek het gedans voor die Here…” 2 Samuel 6:21 NLV
Loof God met volle oorgawe (2)
Ware lofprysing verg om minder selfbewus en meer Godbewus te wees. Nadat sy gekyk het hoe hy voor die Here dans, het Dawid se vrou hom goed uitgetrap: ‘…Hoe eerbiedwaardig het die koning van Israel vandag opgetree! Hy het homself voor die slavinne ontbloot soos ‘n skaamtelose mens sou doen!’ (vers 20 NLV). Dawid het haar geantwoord: ‘…Ja, ek het gedans voor die Here… Hy het my aangewys as heerser oor Israel, die volk van die Here. En ek sal myself nog meer verneder: Ek sal myself volgens jou siening nog geringer ag en steeds geëer word deur die slavinne van wie jy praat!’ (verse 21-22 NLV). Dawid het ons van ‘n illustrasie van ware lofprysing voorsien. Lofprysing is om die dinge waarin ons ons identiteit en sekuriteit buite ons verhouding met Christus vind, uit te trek. Dit is die wete dat ons eie geregtigheid soos vuil lappe in God se oë is. Aanbidding gaan nie oor wat ons vir God kan doen nie, maar oor wat God vir ons gedoen het. Hy het ons liefgehad, ons gered en ons met die geregtigheid van Christus geklee. Die Bybel sê dat ons God op nege verskillende maniere kan aanbid: deur te praat, uit te roep, te sing, ons hande te klap, musikale instrumente te speel, ons hande voor die Here op te lig, te kniel, op die grond in sy teenwoordigheid te lê en deur voor Hom te dans. Dawid het gesê: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees… Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord. Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is’ (Psalm 34:2; 5 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – loof God met volle oorgawe.
13 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min