Woord vir Vandag - 12 Des 2024

Loading player...
“…Doen liewers goeie dinge sodat ander mense kan sien dat julle God dien.” Romeine 12:17 DB
Wees eerlik in die klein dinge, en alle dinge
In sy gedig, The Road Not Taken, skryf Robert Frost: ‘Two roads diverged in a wood, and I - I took the one less travelled by, and that has made all the difference.’ Ongelukkig is die pad wat deesdae selde gekies word die pad van eerlikheid in die klein dinge en eerlikheid in alle dinge. Volgens Psychology Today, erken 70 persent van hoërskoolleerlinge en amper die helfte van universiteitstudente dat hulle al in toetse of eksamens gekul het. USA Today sê dat 91 persent van Amerikaners gereeld leuens vertel. Ons samelewing sê: ‘As jy sukses wil behaal, moet jy ‘n paar reëls breek.’ Die Bybel waarsku ons egter: ‘…Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel…’ (Hooglied 2:15 NLV). Salomo verwys hier na klein sondes wat ons eetlus aanwakker, ons waardes verdraai en tot groter sondes lei. Matthew Henry skryf: ‘Adam wat die verbode vrug eet lyk dalk na ‘n klein sonde, maar dit het die deur na die grootste sonde oopgemaak.’ Word jy in die versoeking gebring om jou karakter in gevaar te stel? Word jy versoek om klasmaats te mislei? Word jy onder druk geplaas om oneerlik by die werk te wees? Is jy vasgevang in ‘n ‘onskuldige klein verhouding’? Die evangelis Charles Finney het gesê: ‘Iemand wat oneerlik in die klein dinge is, is nie regtig in enigiets eerlik nie.’ Een van die grootste beloftes wat in die Skrif gemaak word, is aan diegene wat in klein dingetjies getrou is: ‘…Uitstekend!.. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou…’ (Matteus 25:21 NLV). Pas jou gedagtes op; hulle word jou dade. Pas jou dade op; hulle vorm jou karakter. Pas jou karakter op; dit bepaal jou lotsbestemming.
11 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min